‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig

Johan Kotze

Martinus Cloete, die vriend van die vermoorde Conrad Bonnette, het Maandag in die Noord-Gautengse hooggeregshof getuig hoe hy op Conrad se bebloede liggaam afgekom het.

Johan Kotze, die sogenaamde Modimolle-monster, en drie van sy medebeskuldigdes se hofsaak het Maandag begin. Die verdagtes is op 11 Januarie in hegtenis geneem vir die verkragting en marteling van Ina Bonnette en die moord op haar seun, Conrad. Die voorval het op 3 Januarie plaasgevind.

Cloete was die eerste getuie nadat Kotze se prokureurs misluk het om die saak uit te stel. Die regspan het langer tyd versoek om verdere sielkundige toetse op Kotze uit te voer. Drie psigiaters het egter vroeër bevind dat Kotze toerekenbaar is.

Cloete het aan die hof vertel hoe hy na die huis gegaan het waar die voorval plaasgevind het. Hy het vir ‘n kort rukkie weggegaan, en op sy terugkeer Conrad in ‘n plas bloed sien lê. Hy het gesê daar was oral bloed en sy vriend was reeds dood. Hy het ook beskryf dat hy op die vasgebinde Ina afgekom het. Sy was rasend en duidelik emosioneel en het gesmeek om haar seun te sien.

Die saak duur voort.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.