“Modimolle-monster”: vierde verdagte vas!

Johan Kotze, 'n verdagte in die saak, tydens sy inhegtenisname. Foto: www.ecr.co.za

ʼn Vierde persoon wat daarvan verdink word dat hy aan die aanval op die vrou en die moord op haar seun deelgeneem het, is in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo gesê.

Die 30-jarige is Saterdag in ʼn vroegdag-klopjag in Hammanskraal vasgetrek, het brigadier Hangwani Mulaudzi gesê. Die man was glo een van die werkers wat met ʼn geweer gedwing is om die vervreemde vrou van Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” te verkrag.

Kotze was ná die aanval sedert 4 Januarie voortvlugtend en is Woensdag aangekeer. ʼn Tweede persoon is op dieselfde dag in hegtenis geneem. Die twee het Vrydag in die landdroshof in Modimolle verskyn en die saak is tot 10 Februarie uitgestel. Die polisie het Vrydag ʼn derde verdagte in die saak in Hammanskraal vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.