Johan Kotzé het Vrydag saam met sy drie medebeskuldigdes, Andries Sithole (42), Peter Mohlako (34) en Frans Mphaka (38), in die Modimolle landdroshof verskyn. Kotzé het glo drie werkers gehuur om sy vervreemde vrou, Ina Bonnette, te verkrag en haar liggaam te skend. Hy het glo ook haar seun, Conrad (19), doodgeskiet. Bonnette se vriendin, Eliza Coetzer, het buite die hof aan verslaggewers gesê dat Ina nie die hofverskyning bygewoon het nie na sy Donderdag ʼn dreigoproep ontvang het by die werk. Die manstem het glo gesê: “Ek sien jou, maar jy sien my nie.” Kotzé het Vrydagoggend egskeidingdokumente ontvang. Hy en Bonnette is in Oktober 2010 getroud maar is sedert begin verlede jaar vervreemd. Kotzé het nie gister om borg aansoek gedoen nie. Die saak is uitgestel tot 11 Mei.
Talle mense, waaronder lede van die ANC vroueliga en Bonnette se ondersteuners het Vrydag voor die hof betoog.