“Modimolle Monster”: Vrou nie in hof na dreigoproep

Johan Kotzé verskyn op Vrydag 10 Februarie in die Modimolle landdroshof. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die vervreemde vrou van die sogenaamde “Modimolle Monster” het nie Vrydag sy hofverskyning bygewoon nie na sy glo ʼn dreigoproep ontvang het.

Johan Kotzé het Vrydag saam met sy drie medebeskuldigdes, Andries Sithole (42), Peter Mohlako (34) en Frans Mphaka (38), in die Modimolle landdroshof verskyn. Kotzé het glo drie werkers gehuur om sy vervreemde vrou, Ina Bonnette, te verkrag en haar liggaam te skend. Hy het glo ook haar seun, Conrad (19), doodgeskiet. Bonnette se vriendin, Eliza Coetzer, het buite die hof aan verslaggewers gesê dat Ina nie die hofverskyning bygewoon het nie na sy Donderdag ʼn dreigoproep ontvang het by die werk. Die manstem het glo gesê: “Ek sien jou, maar jy sien my nie.” Kotzé het Vrydagoggend egskeidingdokumente ontvang. Hy en Bonnette is in Oktober 2010 getroud maar is sedert begin verlede jaar vervreemd. Kotzé het nie gister om borg aansoek gedoen nie. Die saak is uitgestel tot 11 Mei.

Talle mense, waaronder lede van die ANC vroueliga en Bonnette se ondersteuners het Vrydag voor die hof betoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.