Johan Kotzé, ook bekend as die “Modimolle-monster”, is Maandag uit die Weskoppies-psigiatriese hospitaal in Pretoria ontslaan.
Die polisie se ondersoekspan het Kotzé (50) gister na die Pretoriase Sentrale Gevangenis teruggeneem, berig Beeld. Hy is in Mei vir sielkundige evaluasie opgeneem.
Kotze word daarvan aangekla dat hy sy stiefseun, Conrad Bonnette (19), in Januarie doodgeskiet het en Ina Bonnette (42), sy eksvrou, gemartel en laat verkrag het. Kotze, Andries Sithole (42), Peter Mohlako (23) en Sello Frans Mphaka (29) se verhoor begin 19 November in die Pretoriase hooggeregshof.
Advokaat Renier van Rooyen, senior staatsaanklaer, het gesê hy wag nog op die finale verslag oor Kotzé se sielkundige toestand.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
[…] begin ‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla ‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor ‘Modimolle-monster’ weer agter tralies ‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies ‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name […]