“Modimolle-monster” weer agter tralies

Johan Kotzé

Johan Kotzé, ook bekend as die “Modimolle-monster”, is Maandag uit die Weskoppies-psigiatriese hospitaal in Pretoria ontslaan.

Die polisie se ondersoekspan het Kotzé (50) gister na die Pretoriase Sentrale Gevangenis teruggeneem, berig Beeld. Hy is in Mei vir sielkundige evaluasie opgeneem.

Kotze word daarvan aangekla dat hy sy stiefseun, Conrad Bonnette (19), in Januarie doodgeskiet het en Ina Bonnette (42), sy eksvrou, gemartel en laat verkrag het. Kotze, Andries Sithole (42), Peter Mohlako (23) en Sello Frans Mphaka (29) se verhoor begin 19 November in die Pretoriase hooggeregshof.

Advokaat Renier van Rooyen, se­nior staatsaanklaer, het gesê hy wag nog op die finale verslag oor Kotzé se sielkundige toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.