Modimolle-vrou verwurg; aan die brand gesteek

ʼn 20-jarige vrou van Modimolle is verwurg waarna haar liggaam aan die brand gesteek is – vermoedelik deur haar kêrel.

Luitenant-kolonel Ronel Otto van die Noordwes-polisie sê die 20-jarige Tlaela Leratho se liggaam is omstreeks twee-uur Maandagoggend langs die R101 buite Modimolle gevind. “ʼn Patrolliemotor van die polisie het vlamme langs die pad gesien. By nadere ondersoek het hulle Leratho se liggaam gevind,” het sy gesê.

Haar 26-jarige kêrel is Dinsdagoggend in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.