Mokaba weg by PetroSA

Benny Mokaba, die voorsitter van PetroSA, het uit sy amp getree.
Mandla Tyala, die woordvoerder van die Sentrale Energiefonds (PetroSA se beheergroep), het dit Maandag bevestig.

“Sankie Mthembi-Mahanyele, die voorsitter van die Sentrale Energiefonds, het die nuus Maandagoggend amptelik bekendgemaak. Dit volg ná die afhandeling van ‘n ondersoek in opdrag van Dipuo Peters, die minister van energie, oor die welstand van PetroSA se verkrygingsproses,” het Tyala gesê.

Volgens ‘n voorlopige verslag wat verlede week deur die ondersoekspan bekendgemaak is, was daar onregmatige besteding van miljoene rande en glo ongerymdhede van die interne beheerstelsels waarby die senior amptenare betrokke was. Tyala kon nie bevestig of Mokaba bedank het of afgedank is nie. Dit is ook nie in die stadium bekend of Mokaba in die verslag betrek word nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Na wat verneem word, het Benny Mokaba hom skuldig gemaak aan grootskaalse ongerymdhede by PetroSA. Oral worstel die land met onbevoegde persone wat deur die Staat aangestel word. Daar is tog bevoegde kandidate vir poste of is daar net eenvoudig nie goeie oordeel by die Owerhede wanneer hulle persone aanstel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.