Molesteerder kry tronkstraf na appèl

Argieffoto

Argieffoto

Die veroordeelde kindermolesteerder Carl Lotter is tot tronkstraf gevonnis nadat die staat suksesvol was in sy appèl teen Lotter se opgeskorte vonnis.

Nathi Mncube, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die hooggeregshof in Pretoria het Lotter se opgeskorte vonnis wat hy in Augustus verlede jaar ontvang het tersyde gestel en hom tot vier jaar tronkstraf gevonnis. Lotter is daaraan skuldig bevind dat hy sy vriend se twee dogters tussen 2006 en 2009 seksueel gemolesteer het. Hy is aanvanklik tot vier jaar tronkstraf gevonnis waarvan vyf jaar opgeskort was. Dit was ook ondanks die feit dat Lotter ʼn kriminele rekord het nadat hy ʼn negejarige meisie in 1998 gemolesteer het en hy ook ʼn opgeskorte vonnis opgelê is. Die NVG het die nuwe vonnis verwelkom.

Lees ook:
Staat appelleer teen molesteerder se ‘ligte straf’
Veroordeelde kindermolesteerder is ‘siek’, hoor hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dan ·

Pragtig! Uiteindelik ‘n pluimpie vir die NVG. Die Hof het egter ‘n skokkend onvaspaste vonnis opgelê. 4 Jaar tronkstraf nadat die vuilgoed ‘n vorige veroordeling het en weer twee kinders molesteer? Hy moes 40 jaar gekry het die lae luis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.