Moloto-busramp: Inwoners brand bejaarde “heks” se huis af

Foto: Lirandzu Themba ‏@LirandzuThemba / Twitter

Foto: Lirandzu Themba ‏@LirandzuThemba / Twitter

Altesaam 33 mense word deur die polisie ondervra nadat hulle Sondag ʼn bejaarde vrou, wat glo van heksery verdink word, se huis aan die brand gesteek het.

Volgens kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het die inwoners van Waterval haar beskuldig dat sy ʼn vloek oor die busbestuurder uitgespreek het.

“Die mense het Sondag op ʼn verwoestingstog gegaan. Die polisie het inligting ontvang dat die bejaarde vrou aangeval word,” het Hlathi gesê. “ʼn Groep mense het haar huis met klippe bestook, maar die polisie kon daarin slaag om haar uit die huis uit te red.” Hy sê die groep mense het haar huis aan die brand gesteek toe die polisie haar van die toneel af weggeneem het.

Volgens Hlathi sal die polisie ná die ondervraging bepaal hoeveel van die 33 mense vir brandstigting aangekla gaan word.

Maroela Media het vroeër vandeesmaand berig 29 mense is dood toe ʼn vragmotor naby Kwaggafontein agterin ʼn ander vragmotor vasgery het en daarna die bus getref het. Altesaam 23 mense het verskeie beserings opgedoen, een persoon het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Lees ook:
Massabegrafnis vir 29 busongeluk-slagoffers
Foto’s: Moloto-busongeluk: Putco, regering betuig meegevoel
PTA-busongeluk eis 29

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.