Moloto-slagoffer uit hospitaal ontslaan

Dina Strydom, Sonell se ma, wat tydens die ongeluk gesterf het. Foto: Facebook.

Sonell Strydom, ʼn 14-jarige slagoffer wat Sondag tydens ʼn gru-ongeluk op die Molotopad noord van Pretoria beseer is, is Maandag uit die Montana-hospitaal ontslaan en sterk by haar tannie aan.

Sonell se ma, Dina (44), is een van die drie mense wat tydens die ongeluk, waarin drie voertuie en ʼn minibus-taxi betrokke was, oorlede is. Benewens Dina, is Kobus Theron (50) en ’n vrou wat in die taxi was, ook dood. Altesaam 17 mense is in die kettingongeluk beseer.

Maroela Media het Sondag berig die ongeluk het omstreeks 15:00 naby die Roodeplaatdam plaasgevind. Volgens ooggetuies het bagasie van die agterkant van ʼn Bantam-bakkie in die pad geval waarna die bakkie glo ʼn U-draai in die middel van die pad gemaak het. Die vier voertuie het gebots in ʼn poging om die bakkie te vermy. Die Bantam-bakkie het van die toneel weggejaag.

ʼn Familielid van Sonell het Dinsdag aan Maroela Media gesê Sonell het nog baie pyn en lê net die heeltyd. Sy het ʼn paar jaar gelede haar pa ook aan die dood afgestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.