Molotopad eis nóg lewens

Argieffoto

Argieffoto

Die berugte Molotopad buite Pretoria in Gauteng het Woensdag weer twee lewens geëis.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk naby Derdepoort plaasgevind. “ʼn Vragmotor en ʼn ligte voertuig het mekaar reg van voor getref,” het Steinmann gesê.

Twee mans wat in die ligte voertuig was, is op die toneel dood verklaar. “Die bestuurder van die vragmotor het ernstige beserings opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die ongeluk het veroorsaak dat ʼn gedeelte van die pad vir verkeer gesluit moes word terwyl die polisie die toneel ondersoek en opgeruim het.

Die pad is berug vir die hoeveelheid noodlottige ongelukke wat daar plaasvind.

Lees ook:
Foto’s: Moloto-busongeluk: Putco, regering betuig meegevoel
PTA-busongeluk eis 29
Busbestuurder sterf op berugte pad buite PTA
Moloto-slagoffer uit hospitaal ontslaan
Moloto-pad eis nog slagoffers
Foto: Kleuter kritiek beseer in PTA-ongeluk
Twee mans en baba sterf in gru-ongeluk op berugte Moloto-pad
Pretoria-gesin wat in gru-ongeluk sterf se name bekend
Pta-gesin uitgewis in busongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henko ·

Is daar enigsins hoop dat hierdie berugte moord-pad in die volgende 20 jaar reggemaak gaan word? Ek twyfel, die pad dra swaar verkeer, maar diegene wat verantwoordelik is vir die instandhouding van paaie is horende doof en sienende blind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.