Molotopad eis nog slagoffers

Argieffoto

Die berugte Moloto-pad in die noorde van Pretoria het Sondag die lewe van drie mense geëis.

Johan Pieterse, ʼn woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê drie voertuie en ʼn taxi was in die noodlottige ongeluk betrokke. “Die ongeluk het omstreeks 15:00 naby die Roodeplaatdam plaasgevind,” het Pieterse gesê.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê volgens ooggetuies het ʼn onbekende voorwerp van die agterkant van ʼn bakkie in die pad geval. Die voertuig agter die bakkie het vir die voorwerp uitgeswaai en tussen aankomende verkeer ingery. Dit het ʼn trompop botsing tot gevolg gehad, waarna die ander voertuig en taxi teen die twee voertuie gebots het.

Buiten die drie mense wat dood is, is 17 mense beseer, waarvan een persoon kritiek. Paramedici van verskeie nooddienste het na die beseerdes omgesien en hulle is per ambulans en helikopter na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.