Foto’s: ‘Mona Lisa’ se oorskot glo gevind

Meer as 500 jaar na Leonardo da Vinci sy beroemde Mona Lisa geskilder het, is argeoloë nou oortuig dat hulle die oorskot gevind het van die vrou wat as model gesit het.

Die vrou, Lisa Giocondo, gebore Gheradini, was die vrou van ‘n ryk syhandelaar, maar het na die afsterwe van haar man ‘n non geword. Sy is op die terrein van die klooster van St Ursula begrawe.

Die oorblyfsels is onder ‘n dik betonblad gevind wat gegooi was toe die klooster in barakke vir soldate omskep is. Antieke kaarte en dokumente het die plek aangedui waar Lisa in ‘n krip begrawe is wat deur ‘n hek en trappe bereik kon word.

DNS-toetse gaan nou op die oorblyfsels gedoen, en met die oorskot van haar kinders wat daar naby begrawe is, vergelyk word om die identiteit bo alle twyfel vas te stel.

Die beroemde skildery is in 1504 geskilder, en Lisa is in 1542 op 63-jarige ouderdom oorlede. Lees meer hier

[nggallery id=53]

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.