Jean Pierre Malan (32) en Maruschka Robinson (24) verskyn vandag saam in die Randburg-landdroshof in verband met die moord op Dustan Blom (36). Blom, die pa van ʼn tweeling, se lyk is op 22 September in die kattebak van sy voertuig in die parkeerterrein van Montecasino in Fourways, Johannesburg ontdek nadat veiligheidswagte ʼn slegte reuk uit die motor waargeneem het.
Robinson, ʼn voormalige ontkleedanser, is kort daarna in hegtenis geneem. Malan, wat vermoedelik Robinson se kêrel is, is twee dae ná haar inhegtenisname in ʼn herberg in Randburg aangekeer.
Albei het reeds afsonderlik in die hof verskyn ná hul inhegtenisnames en gaan vandag vir die eerste keer gelyktydig in die hof verskyn.
Lees ook:
Montecasino-lyk: Verdagte in hof met vloekwoord op frokkie
Montecasino-lyk: Man vas
Montecasino-lyk: Oud-ontkleedanseres in hof
Vrou vas vir Montecasino-lyk
Gru-vonds by Montecasino
Twee skuim van die aarde. Le hulle op n miershoop neer en laat die rooi mier hulle stadig maar seker doodmaak.
Sluit hulle in n kamer toe, sonder ventilasie, en vergeet van hulle.