ʼn 32-jarige man is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Dustan Blom.
Blom (36) se lyk is Sondag in die kattebak van sy motor in die parkeerterrein by Montecasino ontdek nadat veiligheidswagte opgemerk het daar kom ʼn slegte reuk van die motor en hulle die polisie ontbied het. Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê die 32-jarige man is die tweede verdagte om in hegtenis geneem te word in verband met die moord op Blom. Maruschka Robinson (24) het Woensdag in die Randburg-landdroshof verskyn en haar saak is tot 2 Oktober uitgestel. Sy bly in aanhouding. Die polisie het vroeër na Robinson se kêrel gesoek om hul by te staan in die saak. Dlamini sê die motief vir die moord op Blom word steeds ondersoek. Blom se vrou, Talita, is vroeër vanjaar dood nadat sy geboorte geskenk het aan hul tweeling. Die tweeling is in die sorg van Talita se familie.
Lees ook:
Montecasino-lyk: Oud-ontkleedanseres in hof
Vrou vas vir Montecasino-lyk
Gru-vonds by Montecasino
Waar is die Maroela moderators!!!! Geboorste geskenk ???
Haai Vas Vat
Die fout in die berig is reggestel. Jammer daaroor.
Vriendelike groete
Nico, “No hard feelings” Ons forum gebruikers het die “lang” lat uit vir die moderators, hulle is besig om almal weg te jaag hier.
Groetnis,
Mooi Dag Daar
proeflees mensies