Montecasino-lyk: Nog vier persone vas

Maruschka Robinson en Jean-Pierre Malan vandag in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Maruschka Robinson en Jean-Pierre Malan vandag in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Nog vier mense is in hegtenis geneem wat moontlik ʼn rol gespeel het in die moord op Dustan Blom, het die Randburgse landdroshof in Johannesburg Woensdag aangehoor.

Staatsaanklaer Yusuf Baba het gesê vier mense is in hegtenis geneem in verband met “ʼn saak” wat moontlik met die moord verband hou, en dat nog inhegtenisnemings verwag kan word.

Jean-Pierre Malan en Maruschka Robinson het Woensdag weer vlugtig in die hof verskyn. Baba het gevra dat die saak tot Januarie uitgestel word vir verdere ondersoek.

“Ons is besig om te bepaal of hulle deel van dié saak moet wees of nie,” het Baba gesê.

Die vier wat in hegtenis geneem is gaan na verwagting Donderdag in dieselfde hof verskyn. Dit is nog nie bekend waarvoor hulle aangekla word, of wanneer hulle in hegtenis geneem is nie.

Die hof het aangehoor dat die staat Blom se nadoodse ondersoek ontvang het, maar dat die toksikologie-verslag en sommige forensiese bewyse nog uitstaande is.

Shaun Hamilton, Malan se prokureur, het versoek dat dit die laaste keer is wat die saak uitgestel word, omdat hy sy kliënt so gou as moontlik uit aanhouding wil kry.

Baba het egter aangevoer dit is te vroeg om aan te voer dat dit die laaste uitstel sal wees.

“Die staat het baie bewyse ondersoek wat die twee verdagtes direk aan die moord verbind, en daar is steeds baie om te ondersoek,” het Baba aan die hof gesê. Hy het gesê van die bewyse is selfoonrekords en inligting wat aan die polisie oorhandig is. Hy het gesê die staat moet tot so ver gelede as 18 September die rekords nagaan.

Blom, die pa van ʼn tweeling, se lyk is op 22 September in die kattebak van sy voertuig in die parkeerterrein van Montecasino in Fourways, Johannesburg, ontdek nadat veiligheidswagte ʼn slegte reuk uit die motor waargeneem het.

Robinson, glo ʼn voormalige ontkleedanser, is op 24 September in hegtenis geneem. Malan, haar kêrel, is twee dae ná haar inhegtenisname in ʼn herberg in Randburg aangekeer.

Robinson het na bewering ʼn kamer by Blom gehuur.

Die saak is tot 16 Januarie uitgestel. Malan en Robinson bly in die polisie se aanhouding tot dan.

Lees ook:
Montecasino-lyk: Twee bly in aanhouding
Montecasino-lyk: Twee weer in hof
Montecasino-lyk: Verdagte se bloed moet getoets word
Montecasino-lyk: Albei verdagtes vandag in hof
Montecasino-lyk: Verdagte in hof met vloekwoord op frokkie
Montecasino-lyk: Man vas
Montecasino-lyk: Oud-ontkleedanseres in hof
Vrou vas vir Montecasino-lyk
Gru-vonds by Montecasino

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Sjoe die sinnetjie: moet selfoonrekords van so ver gelede…… is darem ongelooflike swak taalgebruik. Ons praat van so ver terug of hulle moet selfoonrekords vanaf 18 September nagaan

leon ·

Ja sarie jys skerp. Ek wens die persone wat die misdaad gepleeg het kry nooit borg nie. Hulle is die skuim van die aarde.

Justi ·

Sarie, dalk is jy skerp. Maar weet jy wat? Niemand is perfek nie. Hou gerus op met kla. Lees die nuus( wat gratis) verskaf word) en waardeer die feit daar daar darem iets is wat gratis is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.