Jean Pierre Malan (32) en Maruschka Robinson (24) verskyn Dinsdag weer in die Randburg-landdroshof in verband met die moord op Dustan Blom (36).
Blom, die pa van ʼn tweeling, se lyk is op 22 September in die kattebak van sy voertuig in die parkeerterrein van Montecasino in Fourways, Johannesburg ontdek nadat veiligheidswagte ʼn slegte reuk uit die motor waargeneem het.
Robinson, ʼn voormalige ontkleedanser, is op 24 September in hegtenis geneem. Malan, haar kêrel, is twee dae ná haar inhegtenisname in ʼn herberg in Randburg aangekeer.
Tydens hul eerste gesamentlike hofverskyning op 2 Oktober het Malan se prokureur, Shaun Hamilton, gesê sy kliënt sal bloedmonsters en handskrifvoorbeelde vir ontleding verskaf. Die hof het Robinson aanbeveel om haar eie regsverteenwoordiging te kry, aangesien Hamilton glo ʼn botsing van belange sou hê om Malan én Robinson te verteenwoordig. Malan het sy reg voorbehou om in ʼn ander stadium vir borgtog aansoek te doen.
Lees ook:
Montecasino-lyk: Verdagte se bloed moet getoets word
Montecasino-lyk: Albei verdagtes vandag in hof
Montecasino-lyk: Verdagte in hof met vloekwoord op frokkie
Montecasino-lyk: Man vas
Montecasino-lyk: Oud-ontkleedanseres in hof
Vrou vas vir Montecasino-lyk
Gru-vonds by Montecasino