Montecasino-lyk: Verdagte in hof met vloekwoord op frokkie

Jean Pierre Malan in die hof. Foto: @Karynmaughan / eNCAnews / Twitter

Jean Pierre Malan in die hof. Foto: @Karynmaughan / eNCAnews / Twitter

Jean Pierre Malan (32) het Vrydag in die Randburg-landdroshof verskyn in verband met die moord op Dustan Blom (36).

Blom (36) se lyk is Sondag in die kattebak van sy motor in die parkeerterrein by Montecasino in Fourways in Johannesburg ontdek nadat veiligheidswagte ʼn slegte reuk uit die motor bespeur het. Malan is die tweede verdagte wat in verband met Blom se moord in hegtenis geneem is. Hy is Donderdag in ʼn herberg in Surrey Road in Randburg in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk van die publiek ontvang het. Malan se medebeskuldigde is ʼn voormalige ontkleedanser, Maruschka Robinson (24). Sy is Dinsdag in verband met die moord in hegtenis geneem. Die staat het geweier om in die hof te sê hoe die twee verdagtes verbind word. Die polisie het egter vroeër gesê hulle soek na Robinson se kêrel om hulle by te staan in die saak.

Malan het in die landdroshof versoek dat hy nie afgeneem mag word nie en gesê hy is nie ordentlik aangetrek nie en dat hy ʼn frokkie moes leen. Daar het F**k op die frokkie gestaan. “Ek wil nie afgeneem word nie, dit is vernederend,” het hy gesê. Die landdros het egter die media toestemming gegee om hom af te neem.

Malan het aan die hof gesê hy het geen vorige oortredings begaan nie buiten ‘n skuldigbevinding op ‘n klag van dronkbestuur. Die staat het egter aangevoer dit is nie die waarheid nie, aangesien hy glo talle aanklagte in die gesig staar, waarvan die meeste dwelmverwant is. Die polisie het ook verskeie vervalsde ID-dokumente in sy besit gevind.

Die saak is tot 2 Oktober uitgestel sodat al twee verdagtes gelyktydig in die hof kan verskyn. Hulle word aangekla van moord, bedrog en roof.

Lees ook:
Montecasino-lyk: Man vas
Montecasino-lyk: Oud-ontkleedanseres in hof
Vrou vas vir Montecasino-lyk
Gru-vonds by Montecasino

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

wragtig ·

Wonder maar net of die Casino op sy kameras gekyk het of hy groot geld gewen het. Hie is dit moontlik dat niemand dit op camera gesien het nie. Ek ruik n rot.

Vas Vat ·

Malan, as jy in hegtenis is, is jy van al jou waardigheid gestroop.Geen hof sal na jou versoek luister nie.Wat het jy in elk geval om weg te steek ???

Netekke ·

Ons weet nie wat die storie after die storie is nie! JP se geskiedenis is meskien n tragiese verhaal. En die enigste rede hoekom hy soos n skurk lyk is oor hy soos een aangetrek is. Kon iemand nie vir hom n hemp vat nie? Hy het familie! As hy skuldig is is hy verkeerd, maar my vermoede is dit is net nog n gebeurtenis in n storie vol van tragiese gebeurtenisse.

wragtig ·

Netekke, as jy moor is jy n moordenaar finish en kla. Sy familie wil hom miskien nie eers ken oor al die dwelms en str@nt wat hy aanvang nie. Jy kan sien hys van die agterbuurt gemors want kyk wat het hy aan gehad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.