Montecasino-lyk: Vier in hof vir bedrog

Van Links na regs, Louis Coetzee, Hendrik Coetzee, Ian Manyika en Alexander de Kocker Donderdag in die hof. Foto: SAPA stringer

Van Links na regs, Louis Coetzee, Hendrik Coetzee, Ian Manyika en Alexander de Kocker Donderdag in die hof. Foto: SAPA stringer

Vier mans het Donderdag in die Randburgse landdroshof verskyn in verband met bedrog ná die moord op Dustan Blom, wie se ontbinde liggaam in sy voertuig by MonteCasino gevind is, het The Star Vrydag berig.

Die broers, Louis en Heinrich Coetzee, Ian Manyika en Alex de Kooker staar elkeen twee aanklagte van bedrog in die gesig. Hulle word daarvan verdink dat hulle meer as R100 000 uit Blom se bankrekening onttrek het. FNB het ook ʼn saak rakende dié voorval aanhangig gemaak.

Ondersoekbeamptes probeer nog uitvind of die vier verbind kan word aan Blom se moord.

Drie van die mans gaan aansoek doen om borgtog wanneer hulle Dinsdag weer in die hof verskyn.

Twee ander verdagtes, Maruschka Robinson, en haar kêrel, Jean-Pierre Malan, wat van Blom, die wewenaar pa van ʼn tweeling, se moord verdink word, het ook Donderdag vlugtig in die hof verskyn. Hulle saak is tot 16 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek. Hulle bly in die polisie se aanhouding tot dan. – SAPA

Lees ook:
Montecasino-lyk: Nog vier persone vas
Montecasino-lyk: Twee bly in aanhouding
Montecasino-lyk: Twee weer in hof
Montecasino-lyk: Verdagte se bloed moet getoets word
Montecasino-lyk: Albei verdagtes vandag in hof
Montecasino-lyk: Verdagte in hof met vloekwoord op frokkie
Montecasino-lyk: Man vas
Montecasino-lyk: Oud-ontkleedanseres in hof
Vrou vas vir Montecasino-lyk
Gru-vonds by Montecasino

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Seg ·

Moet nie die gemors borg gee nie. Hulle betaal dit met die geld wat hulle van die persoon wat vermoor is gesteel het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.