Montecasino-moord: “Dis ʼn ingewikkelde saak”

Maruschka Robinson en Jean-Pierre Malan tydens 'n vorige verskyning in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Maruschka Robinson en Jean-Pierre Malan tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die saak teen Jean-Pierre Malan (32) en Maruschka Robinson (24), wat verdink word van die moord op Dustan Blom (36), is Donderdag weer in die Randburg-landdroshof uitgestel.

Die saak is tot 26 Maart uitgestel vir verdere ondersoek. Die twee verdagtes gaan ook na verwagting dan aansoek doen om borgtog.

Staatsaanklaer Yusuf Baba het aan die hof gesê die staat sal nie noodwendig borgtog teenstaan nie, maar het die hof gewaarsku dat die saak ingewikkeld is en nie vinnig opgelos gaan word nie.

“Die is ʼn baie ingewikkelde moord. Die saak is nie eenvoudig nie. Dit gaan moontlik lank duur voordat die saak opgelos is,” het Baba gesê.

Blom, ʼn wewenaar en pa van ʼn tweeling, se lyk is op 22 September in die kattebak van sy voertuig in die parkeerterrein van Montecasino in Fourways, Johannesburg ontdek nadat veiligheidswagte ʼn slegte reuk uit die motor waargeneem het.

Robinson, ʼn voormalige ontkleedanser, is op 24 September in hegtenis geneem. Malan, haar kêrel, is twee dae ná haar inhegtenisname in ʼn herberg in Randburg aangekeer. Robinson het na bewering ʼn kamer by Blom gehuur.

Lees ook:
Twee weer in hof vir Montecasino-moord
Montecasino-lyk: Vier in hof vir bedrog
Montecasino-lyk: Nog vier persone vas
Montecasino-lyk: Twee bly in aanhouding
Montecasino-lyk: Twee weer in hof
Montecasino-lyk: Verdagte se bloed moet getoets word
Montecasino-lyk: Albei verdagtes vandag in hof
Montecasino-lyk: Verdagte in hof met vloekwoord op frokkie
Montecasino-lyk: Man vas
Montecasino-lyk: Oud-ontkleedanseres in hof
Vrou vas vir Montecasino-lyk
Gru-vonds by Montecasino

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.