Montecasino-moord: Gewapende mans soek glo dossier

Die voormalige ontkleedanseres Maruschka Robinson en Jean-Pierre Malan (agtergrond) in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Die voormalige ontkleedanseres Maruschka Robinson en Jean-Pierre Malan (agtergrond) in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ondersoekbeampte in die moordsaak van ʼn man wat dood in die kattebak van ʼn motor by Montecasino aangetref is, is deur gewapende mans aangeval wat die dossier gesoek het.

“Twee gewapende mans, wat op soek was na die dossier, het die ondersoekbeampte oorval,” het staatsaanklaer Yusuf Baba aan die Randburg-landdroshof gesê. “Hulle het sy identiteitskaart gesteel.”

Drie mans het in die hof verskyn wat glo Dustan Blom, wie se lyk in die kattebak opgespoor is, bedrieg het. Blom se ontbinde lyk is in September by Montecasino opgespoor.

Vier mense is in verband met die saak in hegtenis geneem, maar slegs drie het Donderdag verskyn, aangesien die ander persoon ʼn ander saak moes bywoon. Broers Louis en Heinrich Coetzee en Ian Manyika en Alex de Kooker staar elk twee aanklagte van bedrog in die gesig.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle meer as R100 000 uit Blom se bankrekening gesteel het.

Jean-Pierre Malan en sy meisie, Maruschka Robinson, ʼn voormalige ontkleedanseres, word van die moord op Blom beskuldig. Hulle het in ʼn aparte hof verskyn, waar hul saak tot 26 Maart uitgestel is vir verdere ondersoek.

Robinson is op 24 September in hegtenis geneem en Malan op 26 September.

Baba het vroeër gesê dit is ʼn ingewikkelde saak wat nie maklik opgelos gaan word nie. Klik hier om meer te lees.

Baba sê hy is nie seker of die aanval op die ondersoekbeampte verband hou met die bedrogsaak of die moordsaak nie.

Die bedrogsaak is ook tot 26 Maart uitgestel vir verdere ondersoek en sodat die dossier na die direkteur van openbare vervolging gestuur kan word.

Lees ook:
Montecasino-moord: “Dis ‘n ingewikkelde saak”
Twee weer in hof vir Montecasino-moord
Montecasino-lyk: Vier in hof vir bedrog
Montecasino-lyk: Nog vier persone vas
Montecasino-lyk: Twee bly in aanhouding
Montecasino-lyk: Twee weer in hof
Montecasino-lyk: Verdagte se bloed moet getoets word
Montecasino-lyk: Albei verdagtes vandag in hof
Montecasino-lyk: Verdagte in hof met vloekwoord op frokkie
Montecasino-lyk: Man vas
Montecasino-lyk: Oud-ontkleedanseres in hof
Vrou vas vir Montecasino-lyk
Gru-vonds by Montecasino

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rieks ·

OOOOOOEEEEEEPPPPPSSSS, hierdie girl lyk swanger… of die lewe by die aanhouding selle is goed :-)

anita ·

hoe wis hulle wie die saak ondersoek ? dit is asof hier van binne uit die Polisie weer ‘n inligting lekkasie is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.