Moodley hervat aansoek om herverhoor

Die vermoorde Leigh Matthews.

Die veroordeelde moordenaar Donovan Moodley sal Donderdag sy aansoek om herverhoor te word in die hooggeregshof in Johannesburg voortsit.

Moodley het reeds sewe jaar van sy lewenslange tronkstraf uitgedien nadat hy in 2005 skuldig bevind is aan die ontvoering en moord van Leigh Matthews (21). Haar naakte lyk is in Julie 2004 in die lang gras in Walkerville Manor in Johannesburg gevind. Moodley, wat homself verteenwoordig, het Woensdag aangevoer dat hy deur drie dwelmsmouse gedwing is om by Matthews se ontvoering betrokke te raak. Hy voer aan hy moes toekyk hoe Matthews deur een van die mans geskiet is. Moodley het ook uitgevaar teen die ondersoekbeampte, brig Piet Byleveld. Hy sê Byleveld het hom gedwing om skuld te beken en het ook bewyse gemanipuleer. Die staatsaanklaer, adv. Zaais van Zyl, het Woensdag gesê dat Moodley al drie kanse gehad het om die waarheid te vertel en dat indien hy so slim is as wat hy aanvoer hy nie skuldig sou pleit nie. Die aansoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.