Moodley hoor vandag sy lot

Donovan Moodley. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die veroordeelde moordenaar, Donovan Moodley, weet vandag of sy aansoek om ‘n herverhoor toegestaan gaan word.

Moodley het verlede week aansoek gedoen om ʼn herverhoor nadat hy in 2005 lewenslank tronkstraf opgelê is vir die ontvoering en moord van Leigh Matthews (21) in 2004. Moodley het verlede week aan die Suid-Gautengse Hooggeregshof gesê hy is deur drie dwelmhandelaars gedwing om by die ontvoering betrokke te raak maar dat hy nie vir Matthews vermoor het nie. Hy het beweer dat die ondersoekbeampte, brig. Piet Byleveld, hom gedwing het om skuld te erken en dat Byleveldt met bewysstukke gepeuter het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.