Moodley se aansoek om herverhoor afgekeur

Donovan Moodley. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die veroordeelde moordenaar, Donovan Moodley, se aansoek om ʼn herverhoor is Woensdag in die hooggeregshof in Johannesburg afgekeur.

Regter Joop Labuschagne sê dit was ’n “desperate poging deur die aansoeker om nie die waarheid te openbaar nie. Ek kan nie bevind dat daar ʼn moontlikheid is dat ʼn ander hof tot ʼn ander gevolgtrekking sal kom nie.” Labuschagne sê Moodley se beweerde “ware verhaal” oor die gebeure rondom die ontvoering en dood van Leigh Matthews was skaars geloofwaardig. Hy sê Moodley se bewering dat hy R1 miljoen aangebied is om drie mans te help om ʼn ander man te ontvoer was ook twyfelagtig. Moodley is in 2005 skuldig bevind aan die ontvoering en moord van Matthews (21). Hy is 2005 lewenslank tronkstraf opgelê vir die moord, 15 jaar vir die ontvoering en 10 jaar vir afpersing. Labuschagne sê hy het ook die tyd wat dit Moodley geneem het om die hof weer te ander in ag geneem. Hy sê die feit dat Moodley ook skuld erken het, het teen sy aansoek getel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.