Mooikloof-moord: Vrou se naam bekend

Denise Stratford. Foto: Facebook

Die polisie het die naam bekend gemaak van die 55-jarige vrou wie se lyk Donderdagaand in ʼn rioolpyp by die Mooikloof-kantoorpark, oos van Pretoria, gevind is.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Pinky Tsinyane, sê die vrou was die 55-jarige Denise Stratford. Stratford se liggaam is omstreeks middernag Donderdagaand gevind. ʼn 23-jarige man is omstreeks dieselfde tyd in Mamelodi in hegtenis geneem in verband met die voorval.

Veiligheidswagte by die Mooikloof-kantoorpark het Donderdagoggend die polisie ontbied nadat hulle patroondoppies en ʼn bloedspoor in die parkade gevind het. Stratford het nie Woensdag by die werk uitgeteken nie en bekommerde familielede het die polisie in kennis gestel nadat hulle haar nie in die hande kon kry nie. Die polisie het glo ʼn bloedspoor gevolg wat na ʼn rioolpyp langs die gebou gelei het. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en roof. Die Mooikloof-kantoorpark is geleë op die hoek van Atterbury- en Jollify Mainweg, reg by die ingang na die Mooikloof-veiligheidskompleks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.