ʼn Uitspraak oor die borgaansoek vir vyf mense wat daarvan aangekla word dat hulle ʼn tiener tydens ʼn duiweluitdrywingseremonie in Durban vermoor het, sal Maandag gemaak word, het die polisie gesê.
Kaptein Thulani Zwane het gesê die vyf mense, tussen die ouderdomme 18 en 37, het Sinetemba Dlamini (14) vermoedelik Vrydagaand in Umlazi buite Durban doodgemaak. Hulle het Dinsdag in die landdroshof in Umlazi verskyn waar hulle aansoek om borg gedoen het. Die vyf wat glo kerk- en familielede is, is kort ná die seremonie in hegtenis geneem.
ʼn Priester en vyf lede van sy gemeente is verlede jaar skuldig bevind van die moord op ʼn 7-jarige dogtertjie tydens ʼn gewelddadige duiweluitdrywingseremonie in Humansdorp in die Oos-Kaap. Haar ouers en die kerklede het geglo dat die kind besete was. Tydens die duiweluitdrywing het hulle besef dat die kind mediese ondersteuning benodig en hulle het haar na die hospitaal geneem, maar sy het op pad na die hospitaal toe gesterf.
Ek het gedink julle konsentreer op Afrikaner nuus? Stel julle hierin belang? http://censorbugbear-reports.blogspot.com/2012/03/afrikaner-news-march-17-2012.html