Kragtigste tifoon óóit tref Filippyne

Philippines-Typhoo_2727782bDie tifoon Haiyan, wat potensieel die kragtigste een is wat die Filippyne ooit getref het, en wat met orkaansterkte wind van tot 275 kilometer per uur waai, het die Asiatiese staat getref. Die windspoed sal na verwagting tot 325 kilometer per uur toeneem. Minstens vier mense is dood, en honderde duisende het na beskutte plekke gevlug. Kragonderbrekings kom voor en dorpe is van die buitewêreld afgesny. Twaalf miljoen mense word volgens die owerhede deur die tifoon bedreig.

Golwe van tot ses meter hoog is aangemeld.

Haiyan is die kragtigste tifoon vanjaar ter wêreld.

Die Filippyne word jaarliks gemiddeld deur 20 tifone getref, maar Haiyan is die 24ste vanjaar. In 2011 is 1 200 mense dood toe die tifoon Washi die Filippyne getref het.

Die Wêreldmetereologiese vereniging het pas in sy jaarverslag gemeen dat meer ekstreme klimaatsverskynsels te midde van die warmerwordende klimaat verwag kan word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jackie ·

Christene sal tot inkeer moet kom! Ons lewe midde in die eindtyd, al die natuurrampe spreek vanself… Of ons dit ter harte gaan neem of nie…..wie weet of vandag nie my of jou eindtyd is nie??? Daar gaan nie weer ‘n kans wees om ons lewe weer oor te begin nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.