Moontlike regstappe teen departement nadat 28-jarige ontdek hy is “dood”

binnelandse sakePitso Molatuli, ’n 28-jarige man van Kempton Park oorweeg regstappe teen die departement van binnelandse sake, nadat hy twee maande gelede by sy bank moes hoor dat hy nie vir ’n lening kwalifiseer nie omdat hy “dood” is.

Die departement ondersoek die voorval, het die Cadet News Agency Saterdag in die Saturday Star berig.

Die adjunk-direkteur generaal van die departement, Vusi Mkhize, se kantoor het aan die koerant gesê die belangrikste gedeelte van die ondersoek is om die persoon wat Molatuli se “dood” aangemeld het, op te spoor. In Suid-Afrika is dit ’n persoon wat sterf se naasbestaandes se verantwoordelikheid is om die sterfgeval te registreer en vir ’n doodsertifikaat aansoek te doen. Indien die departement die personeellid wat die “dood” geregistreer het kan opspoor, kan die departement dalk agter die kap van die byl kom.

Molatuli is volgens die Departement se stelsel verlede jaar op 16 November in Noordwes “dood”. Die departement het gesê Molatuli moet aansoek doen vir ’n nuwe geboortesertifikaat, maar hy het geweier en oorweeg regstappe teen die departement indien die ondersoek niks oplewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Kom nou, ons weet mos hoe hulle te werk gaan, registreer iemand as dood, en die iemand het sy oom, tannie, ouma, oupa en hele familie onderhou – ondersoek die naaste familie. Mense sal baie dinge doen vir geld.

Peter Said ·

Trippie,

Hulle koop n voertuig betaal 2 paaimente en dan is hulle dood.

Trippie ·

Peter – jy het my nou BAIE lekker laat lag, dis glad nie onmoontlik nie ;)

leon ·

More Trip en Peter, elke 2de een is dood verklaar en die hele familie kry n staats toelaag want hulle is dan hulpeloos nou. Van die oupa grootjie tot die kind in doeke. Die hele lot was mos afhanklik van die ”dooie”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.