Moontlike rekordhoogtepunt vir petrolprys

Februarie gaan weer slegte nuus vir motoriste bring – moontlik selfs ʼn nuwe rekordhoogtepunt in die petrolprys.

“Die internasionale dollarpryse van petroleumprodukte het gedurende Januarie beduidend toegeneem, in pas met internasionale oliepryse,” het Paul Joubert, senior navorser by Soldariteit se Navorsingsinstituut, gesê. “Hoewel die gemiddelde waarde van die rand teenoor die dollar tot dusver in Januarie nog sterker is as wat dit gedurende Desember was, het die rand in die afgelope paar dae beduidend verswak, wat ook druk op brandstofpryse plaas.”

Joubert reken dat daar ʼn goeie kans is dat die prys van petrol met sowat 35c per liter sal styg op 6 Februarie, terwyl die groothandelprys van diesel met sowat 15c per liter kan styg. “Daar is ʼn geringe kans dat die prys van 95-oktaan petrol in Gauteng in die komende maand die huidige nominale rekordprys van R12,22, wat in Mei 2012 bereik is, kan verbysteek,” het Joubert bygevoeg.

Daar word tans wel steeds ʼn leiheffing (slate levy) van 8,78c per liter op beide petrol en diesel gehef. “Indien hierdie heffing in Februarie geskrap word, sal die prysstygings vir petrol en diesel onderskeidelik sowat 24c en 6c wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.