Moord- en verkragtingverdagte soek

Jurgen Vanderkeere

Jurgen Vanderkeere

Jurgen Vandekeere, ‘n 37-jarige man wat teregstaan vir die moord en verkragting van Chantelle Barnard (20) van Benoni, is soek nadat hy nie Maandag vir die moordverhoor opgedaag het nie.

Hy word daarvan beskuldig dat hy Barnard op 1 April 2011 in sy huis in Benoni verkrag en vermoor het. Barnard is na bewering verkrag, keelaf gesny en toe gebad.
Haar ma, Suzette, het die aand omstreeks 22:00 op haar naakte liggaam op die slaapkamer se vloer afgekom.

Vandekeere se pa was die opsigter van ’n woonstel op ’n hoewe in Doreenweg, waar Barnard saam met haar ma, broer en mansvriend gewoon het.

Vandekeere is op die toneel in hegtenis geneem en is later borgtog geweier in die Benoni-streekshof. Hy was vir ongeveer twee maande lank in aanhouding toe hy die hooggeregshof genader het om borgtog, en waar dit toegestaan is.

Hy moes Maandag weer in die hof verskyn het, maar het nooit opgedaag nie.

Awie du Plooy, die hoof van kriminele justisie by die Benoni se gemeenskappolisieforum, het Maandag aan Maroela Media gesê Vandekeere het Vrydag nog as deel van sy borgtogvoorwaardes by die polisie gaan inteken. “Vanoggend het hy net nie by die hof opgedaag nie en is ons saam met die polisie op soek na hom,” het hy gesê.

Chantelle Barnard

Chantelle Barnard

Volgens Du Plooy staar Vandekeere nou ekstra aanklagte van minagting van die hof asook die breek van borgtogvoorwaardes in die gesig.

Mense met meer inligting oor waar Vandekeere hom mag bevind, kan Du Plooy by 073 219 9689 bel. Die ondersoekbeampte, ao. Pieter Mbonani kan ook by 082 301 2276 gebel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Justi ·

Die sielsiek wreedaard! Gee hom vir ons vroue, sal hom dan wys wat ons met sy tipe “man” doen!

Willy ·

Justi ek wil ook seblief in jou ry staan. Wil hom ook iets aandoen.

Willy ·

Dit gebeur as daar goeds moets borg uitgedeel word soos smarties.

Judy Smit ·

Ag nee, ek ken hierdie meisie se mamma, en die hartseer waardeur hulle al is! Dit is soooo harseer! Suzette mag hul hierdie monster vinnag opspoor!

Willy ·

Sterkte vir jou ook Judy. Hy kan nie te vêr weg hardloop nie. Sy sondes sal hom nog inhaal.

Desirè Joubert ·

Hoe kan die hooggeregshof n verdagte moordenaar vrylaat?Onskuldige mense gaan tronk toe en skuldiges loop vry rond.Dis arrogant,om die minste daarvan te sé!!!!!

Waaksaam ·

jammer maar lees ek reg: 2 en ‘n half jaar later na haar moord kom sy saak eers op die rol ?

Debbie ·

Nee waaksaam, die saak hou nou al 2 en ‘n half jaar aan. Sy ouers het mos geld om vir tyd te speel!

Debbie ·

Welkom beslis in die SWART-AFRIKA! Die vark is nie ver nie, hulle behoort eintlik sy ouers te arresteer vir dwarsboming van die gereg, want dit is HULLE wat hom wegsteek iewers. Sy pa het hom laat vlug uit Belgie waar hy sy eie broer se kinders molesteer het. Dieselfde “so-called”oupa het sy seun betaal om Australie toe te gaan met sy kinders sodat hy nie ‘n saak teen sy broer kon maak nie! SIEK SIEK SIEK!!!! ALMAL VAN HULLE!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Ons almal het hierdie “move” al reg van die begin af geroep!!!!!

Erich Goosen ·

Nog ‘n geval waar borgtog nooit toegestaan moes gewees het nie.

Gerhard ·

Weereens het die Staat die verbeurde borggeld in hul sak. Het dit seker maar nodig om vir verbeteringe en sekuriteit vir “WOONPLEKKE” te betaal. Ons arme drommels moet ook mos maar uihaal en wys vir die verbeteringe en sekuriteit. Laat hul nou maar liewer die vark se verbeurde borggeld daarvoor gebruik.

Maggie ·

Die sot wat die borg aansoek toegestaan het, moet uit die stoel gelig word, en ons wil die naam he, dit kan mos nie toegelaat word nie. Ek dink ons moet petisies opstel om sulke swak besluite en besluitnemers aan die kaak te stel, en dan hul afdankings te eis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.