Moord in Klerksdorp-tronk

Argieffoto.

Die Klerksdorp-polisie het Dinsdag ʼn 26-jarige gevangene in hegtenis geneem vir die moord op ʼn 25-jarige gevangene. Sers. Kelebogile Moiloa, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het Dinsdag gesê die moord is Maandag omstreeks 11:30 in die Klerksdorp-gevangenis gepleeg.

“”n Groep gevangenes het in ʼn bakleiery, wat glo bende-verwant is, betrokke geraak,” het Moiloa gesê. “Die 25-jarige gevangene is met veelvoudige steekwonde na die Tshepong-hospitaal geneem, waar hy later aan sy beserings beswyk het.”

Na wat verneem word, was sowat agt gevangenes deel van die bakleiery en is hulle by dieselfde hospitaal behandel vir geringe na matige beserings. “Die rede vir die geveg is nog nie in die stadium bekend nie. Dit is ook nie seker watter wapen die 26-jarige gebruik het om die slagoffer dood te steek nie.”

Die verdagte moet binnekort in die Klerksdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stoere Boer ·

Gee hulle nog wapens. So kan ons sommer die tronke leër maak en spaar op belastingbetalers geld. O ja sit sommer die verkragters en moordenaars by.

Willy ·

Hallo Leana. Lekker om jou nou as ‘n gereelde skrywer hier en op Praag te sien.

piet ·

ONTREK DIE BEWAARDERS, GEEN KOS EN GEE BAIE DAGGA EN STEEKGOED EN HANG DIE LAASTE 1 VIR MOORD. OPLOSSING TRONKE LEEG

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.