Moord-ma: ‘Ek haat myself’

Marissa Rudman tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Masi Losi, Pretoria News

“Ek haat myself,” het Marissa Rudman, wat in Augustus verlede jaar saam met haar voormalige kêrel skuldig bevind is aan die moord op hul twee maande oue babaseun, Maandag in die hooggeregshof in Pretoria getuig.

Rudman het aan die hof gesê sy aanvaar haar skuldigbevinding aan die moord op haar babaseun Wade maar het volgehou dat sy nie beserings aan haar seun gesien het nie. Rudman en haar voormalige kêrel Nolan Schoeman is skuldig bevind aan die moord op Wade, wat op 7 April 2009 in die Steve Biko-hospitaal aan sy beserings beswyk het. Wade se brein het só erg geswel dat sy skedel begin kraak het. Hy het ook twee gebreekte arms, 22 gebreekte ribbes en groot kneuswonde aan sy kop en lyfie gehad. Op ʼn vraag aan Rudman oor hoekom sy nie moet tronk toe gaan nie, het sy gesê dit was nie haar bedoeling om haar kind deur Schoeman te laat leed aandoen nie. Sy het toegegee dat sy nalatig was maar het volgehou dat sy nie gesien het hoe Schoeman vir Wade geslaan het nie en dat sy geen sigbare beserings aan hom gesien het nie. “Ek haat myself. Ek leef elke dag met die haat binne my dat ek nie my kind beskerm het nie. Dat ek dit nie gesien het nie. Ek kan partykeer nie asem kry as ek daaraan dink nie. Hy was nie veronderstel om dood te gaan nie. Ek moes hom beskerm het. Ek voel soos die slegste ma op aarde.” Rudman het die hof van haar “moeilike kinderjare” vertel. Sy het op 18-jarige ouderdom vir die eerste keer swanger geraak waarna sy die baba laat aanneem het. Sy het later weer swanger geraak waarna sy ʼn aborsie gehad het. Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bianca Britz ·

Jy praat groot twak, as jy jou kind ken soos ‘n ma haar kind moet ken, sou jy dadelik iets agtergekom het. My seuns is al in die laerskool maar ek merk nog steeds elke snytjie en bloukol op. Ek is seker jy het ‘n deel daaraan gehad. Jy voel soos die slegste ma, jy is die fkn slegste ma waarvan ek al gehoor het. Ook maar goed die ou seuntjie is nie meer by julle waar hy pyn het en seergemaak word nie. En het die vrouens nog nooit van voorbehoed middels gehoor nie? Maar hulle wil vinnig spring vir aborsies. Maak my briesend!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.