Moord op boer: verdagtes nie in hof, minderjarig

Die twee verdagtes wat aangekla word van die moord op ʼn Vrystaatse boer vroeër die week, het nie vandag in die hof verskyn nie aangesien hulle minderjarig is.

Die nuwe kinderwet wat verlede jaar in werking getree het maak voorsiening daarvoor dat die twee verdagtes, onderskeidelik 16 en 17, nie in die hof verskyn nie maar eers aan ʼn voorlopige ondersoek onderwerp word. Die LUR vir landbou in die Vrystaat Mosebenzi Zwane, het intussen buite die hof waar die twee verdagtes sou verskyn, die moord ten sterkste veroordeel. Die 55-jarige, Thinus Uitenweerde, is Sondag op die plaas Aliesrust in ‘n vlak graf begrawe nadat hy aangeval is. Die polisie het Maandag op Uitenweerde se vrou en ma afgekom waar hulle vasgebind was in die plaashuis. Uitenweerde se lyk is ʼn paar honderd meter van die huis in ʼn vlak graf gevind. Intussen het die polisie in die Oos-Kaap bekendgemaak dat twee 17-jarige verdagtes in hegtenis geneem is in verband met die moord op ʼn bejaarde gepaar in Alice. ‘n Polisiewoordvoerder sê van die egpaar se besittings is in die seuns se besit gevind. Die polisie het Maandag ʼn oproep van ʼn anonieme bron gekry wat gesê het daar was ʼn huisbraak by die huis van Sipho Qona en sy vrou Nothando. Die polisie het hulle liggame in die huis gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.