Moord op oudioloog: verdagtes word gesoek

Igna Nortjie. Foto: Beeld

Die Mpumalanga-polisie is tans opsoek na die verdagtes wat verantwoordelik was vir die ontvoering en moord van die Middelburgse oudioloog, Igna Nortjie.

Volgens Kolonel Leonard Hlathi, woordvoerder vir die polisie, het Inga se man, Rian haar as vermis aangemeld nadat hy by die huis aangekom het en ontdek het die motorhuis is leeg. Rian het die huis deursoek en die kluis oopgekry en gesien ʼn gaspistool is ook verwyder.

ʼn Motor is Woensdagaand by Verena gevind en Igna se liggaam is in ʼn sloot ʼn paar meter weg van die motor gevind.

“Ons vra enige iemand met inligting wat kan lei tot die hegtenis name van verdagtes om speurder-kaptein, Nelson Nkgadima, by 082-703-1999 te kontak,” het Hlathi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.