Moord op polisiebeamptes ‘barbaars’

SAPDDie moord op twee polisiebeamptes van KwaDukuza was ʼn gevoellose, hartelose en barbaarse daad, het Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal, gesê.

Mchunu sê Saterdag was ʼn hartseer dag vir Suid-Afrika aangesien die moorde op dieselfde dag plaasgevind het as die begrafnis van nog ʼn polisiebeampte van KwaZulu-Natal nadat hy vroeër die week tydens ʼn transitorooftog doodgeskiet is. “Polisiebeamptes is die skild van verdediging vir weerlose gemeenskappe en is verantwoordelik vir die veiligheid van die nasie. Dit is gruwelik dat hulle nou die slagoffers van misdadigers, wat daarop uit is om afstootlike dade te pleeg, geword het,” het hy in ‘n verklaring gesê. “Die sataniese daad om polisiebeamptes te teiken en te vermoor, moet ten sterkste veroordeel word.” Mchunu het sy meegevoel met die polisiebeamptes se families betuig.

Die twee polisiebeamptes is Saterdagoggend doodgeskiet nadat hulle saam met twee kollegas van KwaMaphumulo teruggekeer het. Die beamptes het ʼn rooi voertuig langs die pad sien staan en besluit om ondersoek in te stel. Terwyl hulle nog in hulle motor was, het drie mans uit die bosse gekom en op hulle losgebrand. Die konstabel en studente-konstabel wat voor in die voertuig gesit het, is doodgeskiet.

Lees ook:
Twee polisiebeamptes doodgeskiet in KZN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Enige moord is barbaars. Ja jy kry goeie polisiemanne maar wat van die wat verkrag, steel, moor ens?

Is dit nie waarom mense die polisie haat en wantrou nie? Dis tyd dat die manne in blou deur hul optrede en dade weer die publiek se respek herwin. So nie sien ek nag vorentoe.

Demokraat ·

Maar die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal moet darem besef dat die polisie ook met barbare te doene het. Suid-Afrika het juis onder die huidige ANC-bewind in ‘n tipiese rampokker-land verander en dat barbaarse optredes dus nie meer so ongewoon is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.