‘Moord tref swart huishoudings die meeste’

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012Altesame 81% van moorde in Suid-Afrika vind in swart huishoudings plaas, berig Rapport.

Volgens die berig word die inligting vervat in die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasse-aangeleenthede (Saira) se 2013-opname. Aangesien 79% persent van Suid-Afrikaanse huishoudings swart is aldus die jongste sensussyfers, word swart mense glo proporsioneel harder deur moord getref as ander bevolkingsgroepe. Volgens Statistiek Suid-Afrika is 79% van die 14,6 miljoen huishoudings in Suid-Afrika swart, 11% wit, 7,3% bruin en 2,3% Indiër. “Dit kan nie waar wees om te sê dat een rasgroep, veral wittes, meer as ander geteiken word nie,” het Frans Cronje, aangewese uitvoerende hoof van Saira, aan die koerant gesê. Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens is 16 259 mense in 2013 vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

elmarie ·

Dis die moorde wat aangeteken word. Daar word nie van al die wit moorde rekord gehou of gehoor nie. My oom se moordenaars loop steeds vry rond!

Chivago ·

Die vraag is nie watter rasgroep die meeste geteiken word nie, gee vir ons statistieke van die moordenaars se ras dan kan ons die hele prentjie sien.

Monica ·

En natuurlik glo ons die sogenaamde statistiek en die puppet woordvoerder.

EyesEars ·

Frans Cronje die getal blankes en ander rasse in Suid Afrika, in vergelyking met swart in Suid Afrika, is wat die verskil maak en altyd sal bly maak. So ook die redes, waarom baie swart “vermoor” word. Meeste van daardie “moorde” gaan oor geld en jaloesie wanneer dit afgebreek word na die kern van die probleem. Kan jy vir ons ‘n kern rede gee vir die ander?

Annatjie ·

Blankes word 99,9% kere deur swartes vermoor en swartes word nie deur wittes vermoor nie. Dit maak nogal vir my ‘n verskil

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.