‘Moordbende’ in die hof

Foto: Tebogo Letsie / Times Live

Dertig polisiebeamptes van Durban se georganiseerde misdaadeenheid het Vrydag in die streekshof in Durban verskyn.

Die beamptes, waaronder die hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, word daarvan verdink dat die eenheid by Cato Manor soos ʼn “moordbende” opgetree het. Die eenheid het glo eerder mense doodgeskiet as om hulle voor die gereg te bring.

Die beamptes staar meer as 100 aanklagtes in die gesig, insluitend 14 aanklagte van moord.

Die saak is tot 29 Oktober uitgestel om die betrokkenes se regspanne die geleentheid te gee om voor te berei.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.