“Moordbende”-polisie kry borg

Twaalf polisiebeamptes het Donderdag in die Durban-landdroshof verskyn op aanklag van moord en rampokkery, en is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Die polisiebeamptes is Woensdag in hegtenis geneem. Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het gesê tien polisiebeamptes is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem, een in Rustenburg en een in Pretoria. Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het gesê die beamptes is glo deel van die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad by Cato Manor wat daarvan verdink word dat hulle soos ʼn moordbende opgetree het. Die polisiebeamptes het glo eerder mense doodgeskiet as om hulle voor die gereg te bring. ʼn Totaal van 28 beamptes van die Cato Manor is tot dusver in hegtenis geneem.

In Junie is 18 polisiebeamptes van die eenheid in hegtenis geneem op 71 aanklagte, waaronder 14 van moord. Hulle is vroeër ook op borg van R5 000 elk vrygelaat.

Die beskuldigdes moet Vrydag in die distrikshof in Durban verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.