Moordbeskuldigde sterf in ongeluk

ʼn Man wat beskuldig is van die moord op sy niggie in 2010 is in ʼn motorongeluk naby Joubertina in die Langkloof dood.

RSG berig dat die 56-jarige Robert Sauls saam met ʼn kollega op die R62 gery het toe hy glo beheer verloor het oor sy bakkie en dit omgeslaan en gerol het. Sauls se niggie, Stacy Cornelius (18), het op 26 November 2010 van haar ouerhuis in Algoapark verdwyn. Haar verkoolde lyk is twee dae later in die bosse naby Booysenpark gekry. Sauls is kort hierna in verband met haar moord in hegtenis geneem. In Oktober verlede jaar is die hofsaak voorlopig van die hofrol geskrap weens ʼn gebrek aan bewyse.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.