ʼn Man van Noordwes wat daarvan beskuldig is dat hy sy vrou met ʼn hamer doodgeslaan het, is deur die Mmabatho streekshof vrygespreek weens nalatigheid van die ondersoekbeampte.
Die SABC berig dat Jon Ndlovu onskuldig bevind is deur die hof weens nalatigheid deur die ondersoekbeampte wat nie Ndlovu se regte aan hom voorgelees het toe hy in hegtenis geneem is nie. Ndlovu is verlede jaar in hegtenis geneem toe hy die polisie gebel het nadat hy sy vrou in ʼn plas bloed gevind het. Die staat het intussen aangedui dat hy sal aansoek doen om verlof tot appèl. Die Nasionale Vervolgingsgesag was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.