Moorde neem af: misdaadstatistiek

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa. Foto: GCIS

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het Donderdag bekendgemaak dat die aantal moorde in Suid-Afrika afgeneem het vir die tydperk April 2010 tot Maart 2011.

Mthethwa het tydens die bekendstelling van die nuutste misdaadstatistiek gesê moorde het met 6,5% afgeneem na 15 940. Hy het ook bygevoeg dat gedurende die periode 1994/1995 was daar 27 000 moorde in Suid-Afrika. Poging to moord het met 12,2% afgeneem. Mthethwa sê egter die aantal verkargtings in die land bly kommerwekkend. Die aantal verkragtingsake het van 55,097 toegeneem tot 56,272. Aanranding met die doel om ernstig te beseer het met 4,5% afgeneem terwyl roof met verswarende omstandighede met 12% afgeneem het. OTM-bomaanvalle het van 247 tot 399 toegeneem. Dít is ‘n toename van 61,5%. Seksuele misdade het met 4,4% afgeneem. Motorkapings het met 23% afgeneem en is nou die laagste sedert die 2003/2004 tydperk. Huisrooftogte het met 10% afgeneem van 18 786 tot 16 889. Transitorooftogte het ook afgeneem met 18,7%. Bankrooftogte het met 58% van 93 tot 39 afgeneem. Mthethwa het ook aangekondig dat die Valke 8 294 verdagtes in hegtenis geneem het en 5 267 suksesvolle veroordelings verseker het.

Volgens die statistiek van die periode 1 April 2009 tot 31 Maart 2010 is 16 834 mense vermoor, ʼn afname van 8,6% in vergelyking met die jaar voor dit. Dit was ook die eerste keer sedert misdaadstatistiek in 1995 bekendgemaak is dat minder as 17 000 mense landwyd vermoor is. Die statistiek het ook gewys dat meer as die helfte van alle misdade in Suid-Afrika in Gauteng gepleeg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.