Moorde op polisiebeamptes neem af

Die aantal polisiebeamptes wat sedert 1994 in Suid-Afrika vermoor is, het met 61,9% afgeneem.

Dit is volgens ʼn verslag van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR). In 1994 is 265 polisiebeamptes in Suid-Afrika vermoor en het die getal bo 200 gebly tot en met 1998. In 1999 is 187 polisiebeamptes vermoor. In 2004 was die getal polisiebeamptes wat vermoor is vir die eerste keer sedert 1994 onder ʼn 100. Tussen 2006 en 2010 het die getal gewissel tussen 100 en 110 polisbeamptes per jaar. Die SAIRR sê die aantal polisiebeamptes wat vermoor word, is definitief besig om af te neem. Dit is in teenstelling met berigte die week meer polisiebeamptes vermoor word. Die SAIRR sê hoewel elke moord op ʼn polisiebeampte ʼn tragedie is, is dit noodsaaklik om daarop te wys dat daar vordering gemaak word met pogings om moorde op polisiebeamptes te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.