Moordenaar glo nog steeds in diens van polisie

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag verneem dat ʼn polisiebeampte in Huhudi naby Vryburg steeds in die polisie se diens is ten spyte daarvan dat hy in Oktober 2013 deur regter Landman van die Mafikeng-hooggeregshof aan moord met voorbedagte rade skuldig bevind is. AfriForum het ʼn dringende versoek aan die Noordwes-polisiekommissaris gestuur om te vra dat die skuldige, ‘n kaptein, onmiddellik afgedank word.

Die kaptein was een van vier mans wat aan die einde van 2012 ʼn 17-jarige seun met klippe bestook, heen en weer gesleep en toe doodgeslaan het. Volgens getuies is die seun so erg aangerand dat noodpersoneel wat by die toneel opgedaag het sy oorskot bymekaar moes skraap.

“Die kaptein is ʼn koelbloedige moordenaar en boonop skuldig aan ondenkbare wreedheid,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê. “Die polsie se versuim om dissiplinêr teen hom op te tree en hulle besluit om hom steeds ʼn salaris te betaal, hom toe te laat om ʼn vuurwapen te hanteer en hom verantwoordelik te maak vir die gemeenskap se beveiliging, is totaal onverklaarbaar.”

Maroela Media het ‘n versoek aan die Noordwes-polisie gestuur en wag nog vir kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GawieM ·

Die meeste van die lede is kriminele. Nou vra mens jouself af watse beskerming kan ‘n moordenaar die publiek bied.

PURE BOER ·

Nee wat, da gaan nog veel meer van die soort ontstaan. Die hele anc is vol van hulself. Stel familie en vriende aan diens en beheer die gebied wa jy is. As enige iemand iets wil se, moor ons die persoon. GOD gaan kom en elkeen van ons gaan moet verduidelik van ons eie foute op aarde.

JD ·

Nou ja, toenou. Wat kan mens hiervan sê???? My brein is te klein om DIT te verstaan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.