Moordenaar kry ligter vonnis oor k-woord

ʼn Werker wat sy bejaarde werkgewer vermoor het, is gister ʼn ligter vonnis opgelê omdat die man hom glo nie betaal het nie en hom ʼn k****r genoem het.

Die hooggeregshof in Pretoria het Jacob Pantsi Mmekwa (32) vir 15 jaar tronk toe gestuur weens die moord op Sarel Koekemoer (69) op sy kleinhoewe by Bultfontein, noord van Pretoria, in September 2009. Mmekwa het 12 jaar tronkstraf gekry vir die moord en ʼn verdere drie jaar tronkstraf vir diefstal en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Regter Cynthia Pretorius het bevind dat die moord nie vooraf beplan is nie en dat Mmekwa uitgelok is aangesien Koekemoer hom ʼn k****r genoem het en nie sy salaris betaal het nie.

Pretorius het egter bygevoeg dat dit nie beteken dat hy geregtig daarop is om moord te pleeg nie en dat hy na die polisie moes gaan om die saak op te los. Pretorius sê sy het ook in ag geneem dat Koekemoer se dogter erg getraumatiseer was deur die gewelddadige moord op haar pa. Mmekwa se medebeskuldigde, Levy Mthombeni (21), is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis weens ʼn vuurwapen oortreding en sal slegs ʼn kort ruk agter tralies spandeer voor sy vonnis na korrektiewe toesig omgeskakel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Petro Doman ·

O ja? En hoe is dit onteenseglik bewys? As Jacob Pantsi Mmekwa homself tot moord kon wend vir die dispuut wil ek nogal dink dat hy en Sarel Koekemoer alreeds ‘n geskiedenis van ‘n werkgewer / werknemer gehad het wal alreeds suur geword het. En dit maak dit reg dat hy wat 32 jaar oud is onwettie wapens en ammunisie mag he, diefstal pleeg en ‘n 69 jarige GEWELDADIG MAG vermoor! Mooi man! Dis mos regverdig!

Skillie ·

Dit is n ou slenter van die gemors om te beweer hulle is die k-woord genoem, die howe speel met die uitvaagsels, gee hulle vir ons sodat ons die wette behoorlik kan toepas!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.