‘n Man wat glo sy gewese meisie en dié se nuwe vriend met ‘n byl aangeval het, het homself Dinsdag aan die polisie oorhandig.
Konstabel Sibusiso Chauke, woordvoerder van die polisie, het gesê die 36-jarige man van Soweto het Saterdagoggend na sy gewese meisie se huis gegaan en haar toe saam met die nuwe man betrap, berig IOL. “Hy het beide glo met ‘n byl aangeval en die vrou het inmekaargesak. Toe sy uiteindelik bykom, het die verdagte probeer om die man wakker te maak. Die man was egter reeds dood,” het Chauke in ‘n verklaring gesê. “Toe hy besef die man is dood, het hy met die byl weggehardloop. Die polisie is ontbied en ‘n saak van moord word ondersoek.”
Die man het homself aan die polisie oorhandig toe hy besef hulle is op soek na hom. Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.