Moordenaar vra vir ligte vonnis

ʼn Man van Mpumalanga wat erken het dat hy sy voormalige vriendin voor haar kollegas doodgeskiet het, het Woensdag die hof vir ʼn toegeeflike vonnis gevra.

Steven Malumane (25) het skuldig gepleit op aanklagte van moord, ontvoering, kaping en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Malumane het sy voormalige vriendin Cynthia Mashego (35) op 22 Maart verlede jaar by haar werksplek op die derde vloer van die Sanlam-gebou in Nelspruit, Mpumalanga aangeval. Hy het haar uit haar kantoor in die gang ingetrek en twee skote afgevuur. Een van die skote het Mashego in die rug getref en sy is op die toneel oorlede. Malumane het gevlug en ʼn blou Toyota Corolla gekaap en die eienaar van die motor saam met hom na sy ouers se huis in Chochocho laat ry. Sy familie het die polisie ontbied en hy is in hegtenis geneem. “Ek wil graag om verskoning vra vir die oorledene se familie. Ek besef wat ek gedoen het, was verkeerd en ek vra hulle om my te vergewe,” het ʼn huilende Malumane aan die hof gesê. Malumane sê hy kry sowat R10 000 per maand van sy twee besighede en het die hof gevra vir ʼn toegeeflike vonnis sodat hy vroeër vrygelaat kan word en sy twee kinders en Mashego se familie kan ondersteun. Die hof het ook gehoor dat Mashego die verhouding met Malumane beëindig het en dat hy glo hierna vir haar dreig SMS’e gestuur het. Malumane word Vrydag gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Seg Net ·

Nee wat die swart goed moor elke dag van die jaar. Tot 50 swart moorde per dag? Dit is mos nie wat in ‘n veilige demokratiese land tuis hoort nie. Om nie eers van verkragting en ander misdaad wat hoofsaaklik deur die swart gemors gepleeg word nie. 24/7/356. Ja ek weet Wit Blankes pleeg ook misdaad maar indien daar gekyk word na die % Blankes en getal misdaad teenoor die % swartes wat misdaad pleeg sal, ek glo baie na aan die 95% swartes betrokke wees.

zahn ·

Alhoewel ek tot ‘n mate toe met seg net saamstem, verskil ek ook van hom. Sy kommentaar sal net soveel meer gewig dra as hy dit onder sy naam doen. Net lafaards en manne met kleindingetjiesindroom gebruik skuilname!

Kaspaas ·

Ek wonder al lankal hieroor – wat is die vroulik van “kleindingetjiesindroom” ?

Willy ·

Wat, aanklagte van moord, ontvoering, kaping en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en hy vra vir ‘n toegeeflike vonnis! Sit jou moordenaar! Hy het seker ook nie gedink aan die trauma wat die kollegas moet deurgaan nie.

Kaspaas ·

Al wat hy moet doen is om sy pak soos ‘n man te vat, tronk toe te gaan, en dan na 6 maande ‘n Shabier Shaik op almal te trek, en tjop-tjop 1-2-3 speel hy elke dag golf vir die res van sy lewe.

Trudie ·

Nee, met soveel klagtes en hy vra vir ligte straf!! Het hy vir een oomblik gedink wat haar familie en kolegas moes deurmaak, Sit hom in n sel saam n klomp verkragters dat hy elke dag gemartel kan word!! Geen simpatie, mense soos jy verdien om dood gemartel te word!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.