Andre Gouws (26) word van moord aangekla na ʼn tref-en-trap ongeluk waarin Clement Morris (65), ʼn bekende fietsryer van Port Elizabeth, dood is.
AlgoaFM berig dat Gouws gister in die hof verskyn het en die saak na vandag uitgestel is wanneer hy om borg sal aansoek doen. Gouws is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hy Morris glo op sy fiets getref en toe weggejaag het. Gouws het glo in die aankomende verkeer se baan gery. Hy is minute later aangekeer. Morris is op die toneel dood verklaar. Volgens ooggetuies was Gouws onder die invloed van alkohol.
Lees meer hier.