Moordklagte vir Limpopo-verkragters

Verkragters in Limpopo kan ook van poging tot moord aangekla word indien hulle positief toets vir MIV.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê sedert Januarie vanjaar het die polisie ʼn aansoek gebring by landdroste vir ʼn MIV-toets wanneer iemand vir verkragting in hegtenis geneem is. “Die landdros sal ‘n bevel gee om voort te gaan met die MIV-toets. Dit is ‘n krities. Ons doen niks lukraak nie.” Hy sê indien die persoon positief toets word daar ʼn klag van poging tot moord by die dossier gevoeg. Mulaudzi sê hy dink Limpopo is die enigste provinsie wat dié bepaling van die Wet op Seksuele Misdrywe afdwing. Dié besluit is geneem deur lt. genl. Simon Mpembe, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo. Die strenger toepassing van die wet kom terwyl Suid-Afrikaners woedend is na die verkragting van en moord op Anene Booysen (17).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.