Moordsake na sterftes by inisiasieskole

Minstens 20 seuns is die afgelope ses dae dood nadat hulle inisiasieskole in Mpumalanga bygewoon het.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die sterftes was by inisiasieskole in Belfast, KwaMhlanga, Kwaggafontein, Verena en Middelburg. Hlathi sê die polisie het sake van moord geopen en dat niemand is nog in hegtenis geneem is nie. Hy sê die polisie is besig om verklarings af te neem waarna dit aan die nasionale direkteur van openbare vervolging voorgelê sal word vir ʼn besluit oor hoe om die saak verder te hanteer. Collins Chabane, minister in die presidensie, het in ʼn verklaring sy hartseer oor die dood van jongmense by inisiasieskole uitgespreek. Hy sê die seuns het inisiasieskole bygewoon in die hoop om volwasse mans te word. “Ons doen ʼn beroep op tradisionele leiers om saam met die regering te werk om die betreurenswaardige verlies van lewens te voorkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.